Die NICD het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie afsonderlike tifus-uitbrekings in die Wes-Kaap en nog ‘n uitbreking in Noordwes.
Tifuskoors, ook genoem enteriese koors, is ‘n sistemiese siekte wat veroorsaak word deur ‘n bakteriële infeksie met salmonella enteric. In SA is tifus ‘n aanmeldbare toestand, aangesien dit uitbreekpotensiaal het.
Die Wes-Kaap het tans 64 gevalle van tifus in drie afsonderlike uitbrake. Gauteng het 45 gevalle aangeteken en daar is 18 gevalle in Noordwes.
In die Wes-Kaap is die uitbrekings tans in die Kaapstad Metro-gesondheidsdistrik, die Kaapse Wynlande en die Tuinroete.
In Noordwes is die uitbreking in die Dr. Kenneth Kaunda-distrik.
Bronne: MSN, RiseFM
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Stamseloorplanting met naelstringbloed genees eerste vrou glo van MIV



