‘n Dertienjarige meisie is in hegtenis geneem en meer as 100 leerlinge deur paramedici ondersoek na ‘n “gas”-drama hom by die skool afgespeel het.
St. Paul’s Catholic High School in Wythenshawe, Manchester, moes Woensdagmiddag omstreeks 12:20 ontruim word.
Paramedici moes meer as 100 leerlinge ondersoek na hulle glo aan gas uit ‘n spuitkannetjie blootgestel is.
Twee mense is volgens die North West Ambulance Service met asemhalingsprobleme na die hospitaal geneem.
Die brandweer was ook op die toneel om die gebou te ventileer na die meisie gas uit ‘n spuitblikkie in die skool gesluit het.
Die 13-jarige leerling is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n gevaarlike wapen, het die Manchester-polisie gesê.
Sy bly in aanhouding.
‘n Woordvoerder vir die skool het gesê: “Vroeër vanmiddag is die skool ontruim as voorkomingsmaatreël na die vermoedelike vrylating van gas in ‘n area van die skool. Nooddienste is na die toneel geroep om seker te maak van die leerlinge se welstand.”
Ouers van die leerlinge is in kennis gestel en paaie is ook afgesper.
Hou FiND iT dop vir meer hieroor.



