Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n dringende beroep op die departement van landbou, bosbou en visserye gedoen om sy bestrydingspogings op te skerp om die impak van die sprinkaanplaag wat so wyd as Vosburg, Van Wyksvlei, Prieska, Marydale en Hopetown aangemeld is, beter te bestuur.
Distriksprinkaanbeamptes en -werkers sukkel om die groeiende plaag te beheer weens ‘n aantal uitdagings wat met die program verband hou.
Die tekort aan persoonlike beskermende toerusting, insluitend beskermende brille, behoorlike oorpakke en lae kwaliteit poncho’s, asook swak gehalte pompseëls, hou ‘n bedreiging in vir die doeltreffende beheer van die sprinkane en die gesondheid van beamptes.
Distriksprinkaanbeamptes en hul werkers sukkel ook om betaling te kry en moet tot drie maande hiervoor wag. Hulle was laas in November verlede jaar betaal.
Daarbenewens versuim die terugbetalingskoers om die model, jaar of waarde van die voertuie wat gebruik word, in ag te neem. Dit, tesame met die perk van 150 km wat per dag afgelê mag word, word die bekamping van besmetting van springkane oor groot afstande in die provinsie, belemmer.
Dit het ook aan die lig gekom dat privaat individue pompe en gif toegewys word, buite die amptelike strukture.
Die departement het bevestig dat November se eise uitbetaal is, met enkele uitsonderings, en hulle het hul verbintenis gegee dat daar na die kwaliteit van die poncho’s gekyk sal word.
Alhoewel boere die bystand wat hulle ontvang waardeer, is ons bekommerd oor die voortdurende uitdagings, aangesien dit nie geïsoleerde klagtes is nie. Die DA het hierdie saak verder eskaleer na ons nasionale kollegas terwyl ons ook self in gesprek is met die departement.
Dringende oplossings moet geïmplementeer word voordat meer verwoestende uitbrekings kan gebeur.
*PERSVERKLARING
Lees ook: Amerikaanse priester het vir 26 jaar verkeerde doopwoorde gebruik



