‘Hy probeer, maar dis moeilik’ – Kyle se vordering na diagnose

Deel hierdie storie / Share this story

Dit gaan nie vandag veel beter met Kyle Brits nie, sê sy vrou en die ma van sy drie kinders.

Kyle het ses maande gelede ‘n knop so groot soos ‘n R1-muntstuk onder sy arm ontdek en vandag moet hy en sy vrou, Chrisiaan, die belangrike besluit neem of hy vir chemoterapie sal gaan of nie.

Kyle is met sinoviale sarkoom, ‘n aggressiewe kanker wat vinnig na sy longe versprei het, gediagnoseer.

In ‘n vorige onderhoud met Chrisiaan het sy vertel hoe hulle aanvanklik gesukkel het om uit te vind presies wat fout is dat Kyle so seer het, sukkel om asem te haal en ook nou bedlêend is.

Lees die vorige artikel hier.

Vandag sê Chrisiaan gaan dit nie veel beter nie. “Hy probeer, maar dis moeilik. Hy sukkel selfs om met die suurstofmasjien asem te haal. Bid asseblief vir hom.”

Indien jy ‘n bydrae wil lewer vir Kyle se behandeling, kontak vir Chrisiaan by 062 070 9099.

Daar is ook ‘n BackABuddy-veldtog begin as jy ‘n bydrae wil maak. Klik hier.