Clara Pfeffer, verslaggewer vir N-TV-nuus in Duitsland, het Dinsdag flou geraak tydens ‘n regstreekse nuusuitsending.
Pfeffer was besig om ‘n onderhoud met die politikus Sepp Müller te voer.
+++ Breaking +++
— Corona Realism (@holmenkollin) February 15, 2022
German TV interviewer pushes for sooner enforcement of generel vax mandate, then collapses live on air due to climate change. @claudisbest pic.twitter.com/xSgYAwNaob
In ‘n uittreksel van die video wat op sosiale media die rondte doen, vra Pfeffer vir Müller of die land dit regtig moet wag om inentings verpligtend te maak, kort voordat sy dan blykbaar haar bewussyn verloor.
“Dus jy sê ons moet verpligte inenting net aktiveer sodra dit noodsaaklik sal wees?” het Pfeffer gevra, waarna sy bygevoeg het: “Sal dit dan nie veel te laat wees nie?”
Pfeffer begin dan onverstaanbaar mompel en staar in die verte, nie in staat om haar volgende sin te voltooi nie, voordat dit lyk of sy omval.
LEES OOK: KAMERAMAN VOEL SIEK BY OLIMPIESE SPELE
N-TV berig die regstreekse uitsending moes voortydig gekanselleer word.
In ‘n opvolg het N-TV-hoofredakteur Sonja Schwetje bevestig dat Pfeffer ‘n flou begin voel het en gesê sy het mediese sorg ontvang en voel beter.
Pfeffer het die bisarre bewussynsverlies toegeskryf aan die oorslaan van ontbyt en gesê: “Ek is veronderstel om eers te herstel en ek sal alles weer medies laat ondersoek. En bowenal, volgende keer sal ek ten minste ’n bietjie ontbyt eet.”
N-TV-nuus het kort daarna op Twitter geskryf: “Jammer, dit het niks met die inenting uit te waai nie”, maar kort daarna die inskrywing verwyder.



