Die beste manier om nuus te lees, is in jou eie taal. Die Moya-toepassing, met meer as 6,5 miljoen maandelikse Suid-Afrikaanse gebruikers, beskik nou oor ‘n spesiale Nuus @ Afrikaans-afdeling vir sy Afrikaanse lesers.
Moya het ‘n vennootskap aangegaan met Dottry Media (Edms) Bpk., ‘n digitale uitgewery in privaat besit, met webwerwe soos FiND iT, Newssnatch en Moomie.
Die Moya-toepassing bied ‘n manier vir Suid-Afrikaners om deur middel van boodskappe te kommunikeer en betekenisvol betrokke te raak by aanlyn-inhoud, deur die Moya Discover-platform, sonder om hul mobiele data te gebruik – selfs al het hulle ‘n nul-lugtydbalans.

“Dit is jou reg om te weet wat in die wêreld gebeur.” – Jana Grobbelaar, groepredakteur van Dottry Media (Pty) Ltd
Jana Grobbelaar, groepredakteur van Dottry Media, sê die geleentheid om met die Moya-toepassing saam te werk, het net op die regte tyd gekom.
“Ek voel dis so belangrik dat elke Suid-Afrikaner toegang het tot nuus. Dit is jou reg om te weet wat in die wêreld gebeur. Jy moet ingelig wees en toegang hê tot inligting wat jou mede-Suid-Afrikaners het. Ons het nie almal Wi-Fi by die huis of selfs data op ons fone nie en dit is wat Moya die supertoepassing maak wat dit is.
“Nou kan alle Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners die Nuus @ Afrikaans in Discover op Moya lees. Ons het ook die Engelse opsie onder FiND iT.”

“Die Nuus @ Afrikaans-afdeling is ‘n welkome toevoeging tot ons platform.” – Gour Lentell, hoof- uitvoerende beampte van Datafree
Gour Lentell, hoof- uitvoerende beampte van Datafree, die maatskappy agter die Moya-toepassing, sê die Discover-platform bied ‘n wye reeks aanlyninhoud aan gebruikers #datafree, van nuus tot leermateriaal en werkwebwerwe. (Foto: Venture Burn)
“Die Nuus @ Afrikaans-afdeling is ’n welkome toevoeging tot ons platform en ons bied graag ons Afrikaanse gebruikers ’n sinvolle manier om met inhoud in hul eie taal om te gaan.”
Grobbelaar sê die maatskappy maak gebruik van vryskutwerkers regoor die land en gaan sy sakemodel aanpas om by die aanvraag van die Moya-leser in te pas.
“Ons het onlangs ‘n opname gedoen om uit te vind waarin ons lesers belangstel en ons sal nou ons strategie aanpas om hulle te gee wat hulle wil hê.”
Nou kan jy jou nuus op een plek lees.
“Dit verg baie data om stories op verskeie Facebook-bladsye, WhatsApp-bladsye, Telegram, Instagram – die lys gaan net aan en aan – te lees. Ons verskaf dit alles op een platform – nou #datavry!”
Hierdie platform gee nie net gebruikers by die huis die geleentheid om op hoogte te bly van wêreld- en plaaslike sake nie, maar dit gee die lesers ook die kans om hul eie stories te deel.
“Ons het artikels gedoen waar iemand ’n nier nodig gehad het en vir ’n paar weke daarna het ons versoeke gekry van mense wat skenkers nodig gehad het. Dit wys net hoe kragtig ‘n boodskap kan wees. Lesers identifiseer met wat hulle lees en om hul eie stories te vertel, is ‘n baie werklike manier om iemand anders hoop te gee. As ’n kind vermis word, is daar geen beter manier om die gemeenskap te betrek as om ‘n plasing op ’n platform met ’n gevestigde gehoor te maak nie.”
Besoek FiND iT of laai die Moya-toepassing af om deel van die ervaring te word.



