Kameraman raak glo flou as gevolg van hipotermie

Deel hierdie storie / Share this story

CHINA. – ‘n TV-uitsending van die Olimpiese Winterspele uit China is onderbreek toe die kameraman begin naar en flou voel het.

‘n Kameraman van ZDF, ‘n uitsaaidiens van Duitsland, het gesondheidsprobleme ondervind tydens ‘n regstreekse uitsending van die Olimpiese Winterspele uit China.

Terwyl moderator Alexander Ruda en kenner Sven Fischer, Denise Herrmann se Olimpiese oorwinning in die vrouetweekamp-enkelspel ontleed het, het die kameraman van naarheid gekla.

Die TV-uitsending het begin wankel. Die kameraman het glo gesukkel om te staan.

LEES OOK: Duitse TV-aanbieder wie dring aan op verpligte inenting, voel flou tydens regstreekse uitsending

“Is alles reg hier, is ons nog in die prentjie?” het Ruda gevra.

Fischer het die siek kameraman gevra om te gaan lê en hom soontoe gehaas om te help. Die uitsending na China is Maandag kortliks onderbreek en dit is saam met Katrin Müller-Hohenstein teruggeskakel na Mainz in die Olympia-ateljee.

Ruda het later in ‘n regstreekse uitsending gesê die kameraman, slegs bekend as Timo, is weer beter.

“Hy het ‘n bietjie hipotermie gehad, hy het dit voorheen gehad. Hy het iets gedrink, die masker afgehaal en diep asemgehaal.”

In ‘n twiet van die ZDF-sportateljee is ‘n foto van die herstelde kameraman Timo met moderator Ruda gewys.

Bron: Newsrnd, ArchySport