Tweede bejaarde verdrink na hy in getypoel gaan swem

Deel hierdie storie / Share this story

Nog ‘n bejaarde man is Maandagmiddag tragies oorlede na hy in ‘n getypoel Noord van Durban gaan swem en verdrink het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare911, sê Netcare911 het om 14:55 reageer op ‘n verdrinking by die uMdloti-getypoel.

Lees ook: ‘Respekteer ons privaatheid,’ vra Hannon na nuus oor egskeiding

“Verslae dui daarop dat die bejaarde man gaan swem het toe hy skielik na agter getrek is,” sê Herbst. “Lewensredders het die man gesien en hom gaan help.”

Herbst sê die lewensredders het die man uit die water getrek en vinnig met KPR begin toe hy nie asemgehaal of gereageer het nie.

Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle lewensondersteunende resussitasie op hom uitgevoer. “Ten spyte van paramedici se pogings, het die pasiënt se toestand versleg en hy is op die toneel dood verklaar.”

In ‘n tweede voorval wat vroeër Maandag plaasgevind het, het ‘n ander bejaarde man ook sy klere op die strand gelos en by ‘n onbeskermde strand gaan swem. Die man is nog nie gevind nie en daar word vermoed dat hy verdrink het. Lees die berig hier.

Volg FiND iT hier op Facebook.