Die minister vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die nasionale ramptoestand met nog ‘n maand verleng.
Sy sê egter daar word hard gewerk aan planne om dit teen volgende maand tot ‘n einde te bring.
Dit volg op ‘n inligtingsessie deur die Nasionale Gesamentlike Operasionele Intelligensiestrukture (NATJOINTS) verlede week om te bepaal in watter mate die coronaviruspandemie buite die ramptoestand bestuur kan word.
Dlamini-Zuma sê alle insette van staatsdepartemente is Vrydag ontvang om uit te vind hoe elke departement die pad vorentoe sien.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: SA sal voortgaan om Covid-maatreëls na te kom, selfs al word die ramptoestand opgehef



