‘n Man wat vermoedelik in sy 60’s is, het Maandagmiddag by ‘n onbeskermde strand in Durban verdwyn.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare911, sê hulle het omstreeks 13:30 Maandagmiddag reageer op ‘n oproep oor verdrinking by La Lucia-strand.
Lees ook: ‘Respekteer ons privaatheid,’ vra Hannon na nuus oor egskeiding
Volgens Herbst het ooggetuies gesien hoe die man sy klere op die strand los en die water binnegaan.
Ná die ooggetuies owerhede in kennis gestel het, het ‘n soektog na die man voortgeduur. Hulle kon hom nie kry nie, en daar word vermoed dat hy verdrink het.



