Die kriminele saak waarby die voormalige lid van die ANC, Carl Niehaus, betrokke is, is vandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal aangehoor en tot Donderdag uitgestel.
Sy verskyning was in verband met die oortreding van die Wet op Rampbestuur.
Dit is na ‘n voorval wat in Julie 2021 plaasgevind het.
Die streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê Niehaus is buite die Estcourt-tronk gearresteer omdat hy vlak 4-inperkingsregulasies oortree het.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Die nasionale ramptoestand is met nog ‘n maand verleng.



