Die Departementshoof van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat,is op borgtog vrygelaat ná sy verskyning verlede week in die Bloemfonteinse landdroshof.
Godfrey Mahlatsi is van 44 aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) aangekla.
Hy het die regering agt-komma-sewe miljoen rand gekos ná sy versuim om ongemagtigde uitgawes te voorkom vir dienste wat nie gelewer is nie en hy het nie die skuldige partye laat rekenskap gee nie.
Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê die saak is deur die staat uitgestel hangende ‘n formele aanklag.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Saak teen Carl Niehaus is uitgestel tot later in die week.



