Brandstofpryse sal na verwagting in Februarie verder styg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ekonoom van Absa, Miyelani Maluleke, sê brandstofpryse sal na verwagting in Februarie verder styg as gevolg van die toenemende styging in die prys van Brent ru-olie wat tans rondom 95 dollar per vaatjie hang.

Dit is ondanks die verwagte verdere daling in verbruikersprysinflasie. Statistieke Suid-Afrika maak hierdie week Januarie se inflasiesyfers bekend.

Maluleke sê die jaarlikse verbruikersprys-inflasie sal na verwagting tot ongeveer vyf-komma-sewe persent daal, nadat dit verlede maand tot vyf-komma-nege persent gestyg het – wat die hoogste jaarlikse styging was sedert Maart 2017. 

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Die nasionale ramptoestand is met nog ‘n maand verleng.