Die leier van die DA, John Steenhuisen, het gister tydens ʼn parlementêre debat oor die staatsrede aangekondig dat die party ʼn mosie van wantroue teen die hele kabinet van Cyril Ramaphosa indien.
Steenhuisen sê die president praat net oor aanspreeklikheid, want anders sou hy iemand moes afdank wat sy kamerade kan ontstel.
Steenhuisen sê omdat die president net praat en nie aksie neem nie, sal die DA dit vir hom makliker maak deur nie ʼn mosie van wantroue teen die president in te stel nie, maar teen sy hele kabinet.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Brandstofpryse sal na verwagting in Februarie verder styg



