Swak werksomstandighede by Parkweg-polisiestasie maak lede se werk moeilik

Deel hierdie storie / Share this story

Sommige polisielede verbonde aan die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein het hulle misnoeë te kenne gegee oor die swak werkstoestande waaronder hulle moet werk. 

Netwerk24 berig dat die polisiekantoor vir drie weke sonder elektrisiteit was.

Daar word berig dat lede hul eie toiletpapier moet saamneem en ook van hulle selfone af moet werk omdat die skakelbord stukkend is. 

Met inspeksie het Netwerk24 op ‘n verwaarloosde gebou afgekom met stukkende vensters en stoele. 

Twee beamptes het ook onlangs hulle bene op die terrein gebreek. 

Die stasie woordvoerder, luitenant Kolonel Thabo Covane sê die probleme met die gesloer aan instandhouding en kragtoevoer is die Departement van openbare werke se skuld.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: DA dien mosie van wantroue teen hele ANC-kabinet