Telkom raak ontslae van eiendomme

Deel hierdie storie / Share this story

Netwerk 24 berig dat Telkom die afgelope maande sowat 60 miljoen rand verdien het uit die verkoop van 45 ongebruikte eiendomme wat opgeveil is.

Daar was luidens berigte ongekende belangstelling in die eiendomme, met rekords wat aangeteken is vir die aanlyn besigtiging, registrasie en botte op die eiendomme.

Meer as tweeduisend mense het op die eiendomme gebie. Baie van die eiendomme was winskopies, maar daar was ook gesogte aanbiedinge wat twee tot drie keer die reserweprys behaal het.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Swak werksomstandighede by Parkweg polisiestasie maak lede se werk moeilik