Man vas oor hy onwettige padwaardigheidsertifikate verkoop

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is op Valentynsdag in hegtenis geneem na hy glo onwettige padwaardigheidsertifikate teen R1 100 elk aan mense verkoop het.

Kapt. Christopher Singo, polisiewoordvoerder, sê die Valke het die 32-jarige man op aanklagte van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem.

Vier ander verdagtes is verlede jaar reeds in die Vrystaat, Oos-Kaap en Gauteng in hegtenis geneem.

“Die Valke het inligting ontvang oor Tlali Jacob Letaba wat verlede jaar op 15 Oktober in hegtenis geneem is oor hy glo onwettige padwaardigheidsertifikate uitgereik het by verskeie toetsstasies in die Oos-Kaap,” sê Singo. “Hy het glo die sertifikate uitgereik sonder dat die voertuie deur die regte persone ondersoek word. Die slagoffers moes dan R1 100 betaal.”

Singo sê die verdagte verskyn Woensdag in die Ficksburg-landdroshof.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Tweede bejaarde verdrink toe hy in getypoel gaan swem

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.