Roblox: Die kinderspeletjie met ‘n seksprobleem

Deel hierdie storie / Share this story

Roblox – ‘n speletjie waartydens die gebruikers hul eie speletjie kan ontwerp en met ander gebruikers kan speel – het erken dat dit ‘n probleem met seks het.

Sommige gebruikers skep “condos”, ruimtes geskep waar mense oor seks kan praat en hul avatars aan virtuele seks kan deelneem.

Condo-speletjies word gewoonlik binne ‘n uur ontdek en afgehaal.

Roblox het gesê dat dit voortdurend probeer om hierdie speletjies af te haal met beide hand- en outomatiese stelsels, maar sommige inhoud slaag daarin om deur die krake te glip.

Hierdie is nie speletjies wat jy per ongeluk sal kry nie. Jy sal aktief na hulle moet soek.

Maar hul bestaan behoort almal te pla, want Roblox is ‘n platform wat deur kinders gebruik word en hierdie kinders kan moontlik met volwasse gebruikers betrokke raak.

Bronne: IOL, BBC

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Die nasionale ramptoestand is met nog ‘n maand verleng.