Kimberley-inwoners sê tot hier toe en nie verder nie!
Omgekrapte inwoners het besluit om aksie te neem. Sol Plaatje-munisipaliteit het die mense van Kimberley gefaal.
Huiseienaars, besigheidseienaars en sakelui vergader môre-aand (16 Februarie) om 17:00 om die pad vorentoe te bespreek. Tumelo Mosikare het al jare ’n stryd met die munisipaliteit om dienslewering te verseker.
Die Sol Plaatje-belastingbetalersvereniging is gestig nadat Hendrik Wessels, Louw van Reenen en Jamie Goncalves op goeie gesag verneem het hulle het meer as ’n handvol inwoners nodig om namens hulle op te tree. Die vergadering is vir vandag belê om die stigting van SORPU te bevestig.
Vandag se vergadering is om formele strukture in plek te stel. “Die munisipaliteit sowel as die regering het ’n verantwoordelikheid teenoor die belastingbetaler” sê Wessels.
“Ons het reeds genoeg inligting om sekere aksies onmiddellik aan te spreek, maar sal eers formeel terugvoer hieroor kan gee sodra ons al die nodige terugvoer vanaf ons regsverteenwoordigers gekry het.
Kimberley is vir almal wat hier woon en daarom voel ons baie sterk oor die saak om van Kimberley ’n beter plek te maak. Sol Plaatje-munisipaliteit kom nie sy verpligtinge rakende basiese dienslewering na nie. Ons het telkemale, in die hoedanigheid as Nocci (Noord-Kaap-besigheidskamer) met die munisipaliteit gepraat, maar daar het niks van gekom nie” sê Wessels.
SORPU is daarom genoodsaak om op ‘n wettige en geordende manier die nodige aksie te dryf.
“Ons wil die besigheidsgemeenskap bewus maak van SORPU sodat ons fondse kan bymekaarmaak om die nodige aksie te neem. Ons versoek dat almal wat wil bywoon voor die vergadering op die volgende skakel registreer.”:
https://www.eventbrite.com/e/business-meeting-tickets-262415811757?utm-campaign=social&utm-content=attendeeshare&utm-medium=discovery&utm-term=listing&utm-source=cp&aff=escb



