Camilla het Covid

Deel hierdie storie / Share this story

Camilla (74), die hertogin van Cornwall, het positief getoets vir die koronavirus, het Clarence House aangekondig.

‘n Woordvoerder het gesê: “Haar koninklike hoogheid, die hertogin van Cornwall, het positief getoets vir Covid-19 en self-isoleer nou. Ons gaan voort om regeringsriglyne te volg.”

Sy het kort na Prins Charles (73) siek geword. Hy self-isoleer ook.

Koninklike amptenare het verlede week bevestig dat die koningin geen simptome het nie, en het vandag aan MailOnline gesê dat hulle “niks het om hierby by te voeg” ná Camilla se positiewe toets nie.

Camilla het die virus vir die eerste keer opgedoen, maar Charles vir ‘n tweede keer. Sy het verlede Donderdag nog verpligtinge nagekom – die dag waarop Charles positief getoets het.