Met Valentynsdag wat so om die hoekie vir ons loer, is jy dalk op soek na ‘n heerlike gereg om jou Valentyn mee te bederf. Hierdie is die perfekte nagereg vir ‘n romantiese ete.
Deeg-bestanddele:
- 5 k bruismeel
- 2 k melk
- ¾ k suiker
- 8 t ongesoute botter
- 1 t fyn kaneel
Glans-bestanddele
- 2 k strooisuiker
- ¼ k melk
- ¼ t sout
Metode:
- Verhit die oond tot 180°C en spuit of smeer die pan met kooksproei of botter.
- Meng ½ koppie van die suiker en die kaneel in ‘n klein bakkie, hou dit eenkant.
- Plaas die meel en die oorblywende ¼ koppie suiker in ‘n groot bak en klits saam. Meng die melk en 4 eetlepels gesmelte botter in ‘n bak. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en roer tot ‘n sagte deeg vorm.
- Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide werkoppervlak. Sprinkel die deeg met meel soos nodig om te voorkom dat dit vassit en knie totdat die deeg relatief glad is. Moenie te veel knie nie, anders sal die hartjie-rolle taai wees.
- Meel ’n koekroller en rol die deeg ongeveer 7 mm dik uit.
- Smeer 2 eetlepels van die gesmelte botter op die oppervlak van die deeg en sprinkel die kaneel-suikermengsel oor.
- Rol die deeg nou in ‘n hartjie-vorm. Rol eers ‘n ovaal vorm uit en gebruik die agterkant van ‘n mes en druk in die middel van die ovaal om ‘n hartjie-vorm te kry .
- Plaas die hartjies in die oondbak.
- Smeer die bokante van die hartjies met die oorblywende 2 eetlepels gesmelte botter.
- Bak die hartjies op die middelste rak van die oond vir sowat 35 minute of tot goudbruin. Druk ‘n tandestokkie in die deeg. As dit skoon uitkom, is dit gaar.

Metode vir die glans:
- Terwyl die hartjies bak, klits die strooisuiker, melk en sout in ‘n bak tot glad.
- Glaseer die hartjies.
Versier die hartjies
- Wat hierdie resep so uniek en lekker maak, is dat jy self kan besluit hoe jy die hartjies wil versier.
Hier is ‘n paar voorbeelde:







