Die Staatsrede maak geen melding van enige reddingsboeie nie

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het gisteraand tydens sy staatsrede geen melding gemaak van enige reddingsboei aan sukkelende entiteite in staatsbesit nie.

Anders as in vorige toesprake, het Ramaphosa wegbeweeg van enige gesprekke oor ‘n reddingsboei en hoofsaaklik gefokus op hervormings, landbou-inisiatiewe en korrupsie.

Die regering het in vorige jare miljarde rande in maatskappye soos SAL, Denel en Eskom gestort om die sukkelende staatsbeheerde maatskappye te help omdraai.

Dit sal duidelik nie vanjaar die geval wees nie.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: TLU SA spreek hom uit oor president Ramaphosa se staatsrede