Die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, stem saam dat Suid-Afrika se fokus op ekonomiese groei moet wees soos vervat in gisteraand se staatsrede, maar meen dat die regering se huidige beleidsomgewing egter nie vertroue in die privaatsektor skep nie.
In reaksie op Ramaphosa se woorde dat landbou die potensiaal het vir grootskaalse werkskepping, het Van Zyl gesê dat die minimumloon dié positiewe idee kan nek omdraai.
Van Zyl sê TLU SA verwelkom egter die president se erkenning van oorregulering, asook die feit dat digitale kommunikasie goedkoper sal word.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Vrae word gevra oor wie verantwoordelik is vir die onrus in Mangaung-Metro



