Nog ‘n liggaam is op die Olifantsfontein-pad gevind nadat motor wegspoel

Deel hierdie storie / Share this story

Nog ‘n liggaam, vermoedelik dié van ‘n 49-jarige Uber-bestuurder, is op die Olifantsfontein-pad, naby die treinbrug op Louis Bothaweg, suid van Pretoria, ontdek.

Die persoon het Saterdagoggend saam met twee vrouepassasiers verdrink toe hul motor deur vloedwater meegesleur is.

Die liggaam van ‘n vrou, wat vermoedelik een van die passasiers was, is Woensdag deur duikers gevind. Die ander vrou word steeds vermis.

Dit bring die getal slagoffers wat in Tshwane verdrink het na die swaar reën oor die naweek, op ses te staan.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: TLU SA spreek hom uit oor President Ramaphosa se staatsrede