Ernstige vrae word gevra oor wie verantwoordelik is vir die aanhitsing van onrus en gewelddadige optrede in die Mangaung Metro.
Dit volg nadat die Glaspaleis en die Centlec-gebou vroeër die week bestorm, beset en chaos veroorsaak is deur die groep, MCC oftewel Mangaung Concerned Community.
‘n Amptenaar van die Metro, Hennie Stander, is ook aangerand en met ‘n voorwerp oor die kop geslaan .
Volgens Netwerk24 sê die voorsitter van die Centlec-raad, Kenosi Moroka, dat mense betaal word om die onrus te veroorsaak en dryf ‘n agenda.
Dr. Elizabeth Snyman van Deventer van die VF+ sê daar is ‘n stryd om mag en die faksiegevegte gaan oor toegang tot die geldbeurs.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



