‘n Plaasaanvaller in die Vrystaat is tot 23 jaar gevangenisstraf opgelê

Deel hierdie storie / Share this story

Thabo Moholedi, een van die mans wat in 2020 die 83-jarige Daleen van der Hoven gewelddadig aangerand en ontvoer het, is Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 23 jaar gevangenisstraf gevonnis.

In haar uitspraak het regter Ilse van Rhyn gesê Moholedi het duidelik geen berou nie.

Netwerk24 berig vier mans het Van der Hoven van die plaas Wanatha in die Zastron-distrik op 2 Julie 2020 in haar slaapkamer oorval en met ‘n ystergraaf aangerand, waarna sy gedwing is om in haar slaapklere en japon saam hulle oor die Lesotho-grens te ry, waar sy in ‘n veld gelos is.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Die vermeende brandstigter, Zandile Mafe, het vandag weer in die hof verskyn