Die vermeende brandstigter, Zandile Mafe, het vandag weer in die hof verskyn

Deel hierdie storie / Share this story

Die saak teen die vermeende brandstigter van die parlement, Zandile Christmas Mafe, is weer vandag in die Kaapstadse landdroshof uitgestel.

Volgens berigte is die saak tot 25 Maart vir verdere ondersoek uitgestel nadat die staat om uitstel gevra het, omdat forensiese verslae nog nie beskikbaar is nie.

Die staat sê die parlementsgebou is nog nie veilig verklaar sodat die betrokkenes die toneel kan besoek nie.

Mafe sal in die Pollsmoor-gevangenis in aanhouding bly.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Zandile Mafe, vermeende brandstigter van die parlement, is borgtog geweier