Zandile Mafe, die man wat na bewering daarvoor verantwoordelik was om die parlement aan die brand te steek, is borgtog geweier.
Mafe staan tereg op aanklagte van huisbraak met die doel om terrorisme en brandstigting te pleeg, brandstigting, terrorisme en diefstal.
Die terrorisme-aanklag is ‘n skedule 6-misdryf, wat vereis dat die verdediging bewyse van buitengewone omstandighede voorlê om te bewys dat die vrylating van die beskuldigde op borgtog in die belang van geregtigheid is.
Mafe se senior advokaat, Dali Mpofu, het 12 sulke buitengewone omstandighede gelys, insluitend sy onwettige verwysing na die Valkenberg- psigiatriese hospitaal vir psigiatriese assessering.
Die staat het teengestaan dat die 12 omstandighede “uit hulle duime gesuig” was en gesê dat Mafe ‘n vlugrisiko kan wees omdat hy geen familie in die Wes-Kaap het nie en dat hy ‘n gevaar vir homself en die gemeenskap was weens dreigemente wat hy gemaak het in ‘n beweerde bekentenis.
Landdros Adams het met die staat saamgestem en gesê die borgtogaansoek is van die hand gewys omdat die verdediging nie uitsonderlike omstandighede bewys het nie.
Mafe is tot Vrydag, 11 Februarie in aanhouding.
Bronne: SABC News, MSN
Lees ook: Zandile Mafe se selfoon ontleed terwyl hy wag op hof se borgbesluit
Volg FiND iT hier.



