Die vermeende parlementbrandstigter Zandile Mafe sal vandeesweek uitvind of hy op borgtog vrygelaat gaan word. Mafe se borgtogaansoek is Saterdag in die streekhof in Kaapstad aangehoor.
Uitspraak sal Vrydag gelewer word.
Mafe se foon word ondersoek om vas te stel of hy alleen gewerk het en of iemand saam met hom gewerk het om die parlementsgebou glo aan die brand te steek.
Die staat het gesê hulle het ‘n sterk saak teen Mafe en hoop dat hy nie op borg uitgelaat word nie. Hulle glo dat Mafe ‘n gevaar vir homself en vir ander is.
Bronne: MSN, The World News
Lees ook: Mafe-borgtogverhoor uitgestel, staat voeg terrorismeklag by
Volg FiND iT hier.



