In ‘n tweede uitspraak wat handel oor ‘n werknemer wat geweier het om ingeënt te word, het die KVBA (CCMA) weereens beslis dat die afdanking van die oningeënte werknemer billik en in ooreenstemming met die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid is.
Die werknemer het geweier om ingeënt te word vir geloofsredes en is die opsie gegee om ‘n weeklikse Covid-toets te doen, maar hy het dit net ‘n paar keer laat doen. Hy het toe geweier omdat hy self vir die toetsing moes betaal. Hy is in November verlede jaar geskors.
Die kommissaris van die KVBA het gesê dat die afdanking van die werknemer billik was omdat hy nie die reëls wou nakom nie en al die korrekte prosesse is gevolg.
Bronne: GroundUp, BusinessTech
Lees ook: SCOPA gee Ramaphosa tot 10 dae om te reageer op gelekte klankopname
Volg FiND iT hier.



