Kleuter red gesin van brand

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Kleuter het sy gesin van ‘n brand in Amerika gered. Die ouers het onlangs Covid gehad en het gevolglik hulle reuksin verloor en kon nie die rook ruik nie.

Die kleuter het deur die vlamme tot in hulle kamer gegaan en vir hulle gesê: “Mama, warm”. Hulle het eers gedink hy wou hê hulle moet sy slaapklere uittrek, maar toe sien hulle die vlamme.

Die gesin kon toe uit die huis vlug voor dit afgebrand het.

Bronne: USA Today, Business Insider

Lees ook: Petrolprys en ander stygings te wagte in Suid-Afrika

Volg FiND iT hier.