Volgens ekonome by die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) kan Suid-Afrikaanse motoriste verwag om in Februarie nog ‘n styging in die petrolprys te sien.
In ‘n navorsingsnota Maandag het die BEO gesê hoewel globale aandele- en effektemarkte verlede week kalmer was, was daar meer aksie in kommoditeite met die een maand Brent-ruolie-termynkontrak wat die week meer as 5% hoër geëindig het.
“‘n Kombinasie van die volgehoue vraag na olie ten spyte van die Omicron-gedrewe oplewing in Covid-infeksies (veral in die VSA) en voorsieningsontwrigtings het die olieprys ‘n hupstoot gegee. Ná ‘n herrie op die plaaslike brandstofprysfront in Januarie, sal die hernude styging in die olieprys waarskynlik in Februarie nog ‘n stewige brandstofprysstyging tot gevolg hê,” lui die navorsingsnota.
Daar word verwag dat daar ook ‘n toename in die prys van elektrisiteit, kos en rentekoerse sal wees.
Bron: BusinessTech
Volg FiND iT op Facebook hier.
Lees ook: Kazakhstan detains nearly 10 000 after fuel hike protests



