‘n Japannese vrou gee haar kind aan die staat op en dagvaar haar spermskenker nadat hy oor sy etnisiteit en opvoedkundige agtergrond gelieg het.
Die vrou het tien keer seks met die spermskenker gehad om ‘n tweede kind te hê nadat dit aan die lig gekom het dat haar man ‘n oorerflike siekte het.
Die skenker het vir haar gesê hy is Japannees, enkellopend en het studeer aan een van die beste universiteite in Japan, maar nadat sy swanger geraak het, het sy uitgevind dat die skenker Chinees is, na ‘n ander universiteit gegaan het en getroud is.
As gevolg hiervan het sy besluit dat sy nie meer die kind wou hê wat sy met die spermskenker verwek het nie, maar teen daardie tyd was dit te laat om die swangerskap te beëindig.
Volgens die plaaslike media het die vrou gesê die skenker het haar bedrieg ter wille van seksuele bevrediging. Haar prokureur het gesê dat sy aan intense geestelike probleme en slaapprobleme ly as gevolg van die spermskenker se leuens.
Die prokureur het gesê die regsgeding is ‘n manier is om te verhoed dat soortgelyke gevalle in die toekoms gebeur, met die oog op die florerende ondergrondse spermskenkerbedryf in Japan.
Daar is geen wette in Japan om spermskenking te reguleer nie. Dit, en die feit dat daar net een amptelike spermbank in Japan is, het ‘n swartmark vir sperm geskep.
Die vrou se keuse om die baba op te gee, het baie kritiek ontvang, met kinderwelsynswerker Mizuho Sasaki wat gesê het dat dit “onaanvaarbaar is om die kind soos ‘n voorwerp te behandel, maar ek dink dit is beter om die kind te los by iemand wat ‘n goeie pleegouer kan wees.”
Bronne: Business Insider, Yahoo
Volg FiND iT op Facebook hier.



