Die VF-Plus spreek sy kommer uit oor nuwe minimum loontariewe

Deel hierdie storie / Share this story

Die VF-Plus het hom uitgespreek oor die nuwe minimum loontariewe wat bekendgemaak is. 

Dié party het gesê die 6,9% styging sal die reeds rampspoedige werkloosheidskoers net verder laat styg. 

Heloise Denner van die VF-Plus sê billike vergoeding vir werk gelewer moet ‘n gegewe wees, maar voorskriftelike en vasgestelde arbeidswetgewing smoor die privaatsektor en kleinsake-ondernemings. 

Denner het verder gesê waar werkgewers nie meer die vasgestelde tarief kan bekostig nie, gaan hulle genoop wees om werkers af te las, wat gaan lei tot meer werkloosheid en probleme soos misdaad gaan bly toeneem.  

Dié nuus is verskaf deur Radio Rosestad.