Bathabile Dlamini se saak van meineed uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, wat van meineed aangekla word, se saak is tot 9 Maart uitgestel.

Dlamini, wat ook die president van die ANC se Vroueliga is, het in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Haar regspan het redes aangevoer waarom sy nie skuldig bevind moet word nie. Dlamini word daarvan beskuldig dat sy valse getuienis gelewer het tydens ‘n ondersoek na beweerde tenderbedrog tydens die SASSA-toelaagkrisis in 2017. Die ondersoek is deur die afgetrede regter Bernard Ngoepe gelei. 

Dié berig is deur Radio Rosestad verskaf.