Die polisie in Gauteng ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n tiener na bewering Saterdagaand vermoor is.
Die 16-jarige is vermoedelik dood tydens ‘n voorval buite ‘n nagklub in Wesselweg in Rivonia.
Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die tiener is op die toneel dood verklaar.
“ER24-paramedici het om 22:45 saam met ‘n ander private mediese diens op die toneel aangekom en die tiener gevind wat in die straat gelê het met ‘n dodelike steekwond aan die bors. Veiligheidsbeamptes en die SAPD was op die toneel vir verdere ondersoeke.”



