‘n Vrou (31) is in hegtenis geneem na die tref-en-trap ongeluk wat verlede week voor ‘n gewilde kuierplek in Kaapstad die dood van Olivia Sieff (18) veroorsaak het.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem en dat sy ‘n bekentenis afgelê het.
Sieff, wat ‘n model by Boss Models Suid-Afrika was, is Sondagoggend om 01:50 voor Tin Roof in Kaapstad doodgery.
Kapt. Van Wyk sê die 31-jarige vrou se motor is deur CCTV-kameras geïdentifiseer.
Lees die vorige berig hier.



