Swakopmund-egpaar wat selfdood pleeg, geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

Die egpaar van Swakopmund wat Saterdagaand eers hul troeteldiere en toe hulself om die lewe gebring het, is deur ‘n kollega en vriende geïdentifiseer.

Sondagoggend het ‘n kollega van die egpaar na hulle gaan soek, toe die persoon ‘n nota by die voordeur gekry het. Die nota het gelui: “Moenie na ons slaapkamer toe kom nie. Bel die paramedici.”

Volgens allAfrica het Dean Olley (73) en Luella Olley (63) by ‘n maatskappy met die naam Afrores & Trinidad (Pty) Ltd gewerk.

Die oorledenes is altwee buitelanders.

Bronne na aan die egpaar het gesê hulle het waarskynlik hulle selfdood beplan. Dean het glo aan ‘n ongeneeslike bloedversteuring gelei en sy dood was onvermydelik. Luella was vermoedelik nie voorbereid om ‘n lewe sonder haar man te leef nie, en so het hulle besluit om ‘n einde aan alles te maak.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees die vorige berig hier.