Dit lyk asof WhatsApp besig is om voor te berei vir die einde van gratis, onbeperkte berging op Google Drive.
Uitgewer WABetaInfo het stringe in WhatsApp-beta-weergawes raakgesien wat na limiete en kwotas verwys. Sedert 2018 kan alle WhatsApp-foto’s, video’s en boodskappe gratis geberg word en is dan beskikbaar selfs al is jou foon verlore of gesteel.
WhatsApp het voorheen gewerk aan maniere om die grootte van die “back ups” te bestuur deur foto’s, video’s en dokumente in te sluit of uit te sluit.
WhatsApp het in 2018 “back ups” aan Google Drive bekendgestel, en daardie diens is sedertdien gratis en onbeperk. Gebruikers hoef net ‘n gratis Google-rekening te skep, en WhatsApp-rugsteune tel nie vir enige limiet of kwotasie op Google Drive nie, insluitend vir gebruikers wat Google vir ekstra berging betaal.
Sluit aan by die FiND iT WhatsApp-nuusgroep hier.
Bron: Business Insider



