Twee verdagtes is in hegtenis geneem na hulle in die besit van vermoedelik onwettige sigarette gevind is.
Sers. Amogelang Malwetse, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang en opgevolg van ‘n verdagte Isuzu-vragmotor. Die vragmotor is deursoek en die polisie het verskeie bokse daarin versteek gevind.
Vermoedelik onwettige sigarette ter waarde van R1,3 miljoen is gevind.
Die bestuurder, Isaac Kamkula (44), en Andrew Nkusa (42) is in hegtenis geneem en het vanoggend vlugtig in die hof in Potchefstroom verskyn.
Hulle sal weer Dinsdag 8 Februarie vir ‘n formele borgaansoek in die hof verskyn.
Lees ook: Seuntjie (8) skryf sy eie boek en steek dit in biblioteek weg vir mense om te lees
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



