Die Jakaranda FM-ontbytspan het met die Suid-Afrikaanse paartjie, Trezel en Wilson, oor die gaping van 51 jaar in hulle liefdesverhaal gesels.
Hy het “in haar lewe ingestap” en gebly. Die 29-jarige Trezel en haar 80-jarige man klink soos enige ander gelukkig getroude paartjie. Hulle maak mekaar se sinne klaar en onderbreek mekaar met oulike byvoegings tot die storie oor hoe hulle mekaar ontmoet het.
“Ek sê altyd ek het regtig in haar lewe ingeloop,” vertel Wilson.
Tydens ‘n geleentheid vir die koerant waarvoor Trezel gewerk het, het hy gesien Trezeo sit alleen. Hy het besluit om by haar te gaan sit. Daardie Vrydagaand het die warrelwindromanse begin. Twee jaar na hulle aanvanklik ontmoet het, is hulle getroud. – All4Women



