‘n Vermeende dwelmsmokkelaar (40) is Vrydag deur die Valke in Kimberley in hegtenis geneem.
Kapt. Tebogo Thebe, woordvoerder, sê die Valke het opgetree na inligting ontvang is daar word dwelms by Diamond Park, Greenpoint, verkoop.
Tydens die klopjag is 8,7g crystal meth, twee selfone, ‘n skaal en ‘n onbekende bedrag kontant gevind.
Die verdagte sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.



