Kapt. Carol-Ann Daniels, ‘n voormalige Suid-Afrikaanse karatekampioen, bied gratis karatelesse aan vir kinders in Wolwerivier om ‘n verskil in hulle lewens te maak.
Hierde waardevolle lesse leer kinders om hulle emosies te beheer en ook hoe om uit ‘n gevaarlike situasie te kom.
In ‘n onderhoud met Good Things Guy sê Daniels die lesse het in Oktober 2020 begin. Sy sê sy doen dit omdat sy so lief is daarvoor en omdat sy werklik ‘n verskil in die kinders se lewens wil maak.
“Ek het gesien hier is niks vir die kinders nie,” sê sy. “So, wat doen hulle?” Sy het toe met die munisipaliteit reëlings getref om die plaaslike saal te gebruik om die karatelesse vir die kinders aan te bied.
Daar is tans ongeveer 12 kinders wat by haar klasloop. – Good Things Guy, SAPS
Lees ook: Carli (26) verloor kankerstryd
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



