Erik du Plooy (10), ook bekend as Chompie, het op 2 Januarie vanjaar sy linkerarm in ‘n motorfietsongeluk verloor.
Knights Cricket in Bloemfontein het dit goedgedink om Erik vir sy moed en deursettingsvermoë te vereer en het hom na die stadion genooi om ‘n Itec Knights-trui aan hom te oorhandig.
Afrigter Allan Donald en kaptein Pite van Biljon het die trui aan hom oorhandig en Go Biltong het hom met ‘n biltong-hamper bederf.
Chompie se motivering aan ander jong sportsterre, is:
“When times are difficult, stand with your team, keep strong and don’t give up. At the end it is all about enjoying life to the fullest.”
Rudi du Plooy, Chompie se pa, sê hulle fokus nou net op die herstelpad wat vir hulle voorlê.
“Hy is weer terug by die skool en het met sy regterhand leer skryf. Hy is ‘n baie sterk seun!”




