Vrou glo deur nefie op Clarens verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou (20) is glo deur haar nefie by ’n hut ingetrek en verkrag toe sy op pad na ’n geleentheid ’n masker by haar familie gaan soek het.

Die Clarens-polisie het vinnig reageer en die verdagte onmiddellik in hegtenis geneem nadat ’n buurvrou ’n meisie hoor gil het en die polisie ontbied het.

Vrou glo deur nefie verkrag

Daar word beweer dat die 20-jarige vrou van Kanana naby Clarens op 30 Januarie 2022 op pad was na ’n geleentheid by die Clarens-stadion. Sy het blykbaar agtergekom dat sy nie ‘n masker het nie en het besluit om een ​​by ’n nabygeleë huis vir haar familielid te vra. Die ouma was nie tuis nie, net haar kleinseun was in die agterplaashut. Daar word verder beweer die verdagte van 25 het die slagoffer in die hut ingetrek waar hy haar verkrag het. Sy het ook ’n messnywond aan haar vinger opgedoen en is in die hospitaal op Bethlehem opgeneem vir verdere behandeling.

’n Saak van verkragting en aanranding word ondersoek.

Die verdagte sal Dinsdag 1 Februarie 2022 in die Bethlehem-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.