Cheslie Kryst, voormalige mej. Amerika, wat in 2019 gekroon is, is Sondagoggend op die ouderdom van 30 oorlede.
Volgens die New York City-polisie is Kryst oorlede na sy van ‘n gebou in Manhatten afgespring het.
“Met groot hartseer deel ons die heengaan van ons geliefde Cheslie,” het haar familie in ‘n verklaring gesê. “Haar lig was een wat ander regoor die wêreld met skoonheid en krag geïnspireer het. Sy het omgegee, sy het liefgehad, sy het gelag.”
Sy het voor haar dood ‘n laaste plasing op Instagram gemaak. “Mag vandag vir jou rus en vrede bring,” het sy onder die foto van haarself geskryf.

Kryst was ‘n prokureur met ‘n missie om Amerika se regstelsel te hervorm. Sy is oorlede met drie grade wat sy by twee verskillende universiteite voltooi het, agter haar naam.
Sy het gevangenes wat moontlik onregverdig gevonnis is, gehelp.
Kryst het ook as korrespondent vir ‘n vermaaklikheidsblad, ExtraTV, gewerk.
“Ons harte is gebreek,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. “Cheslie het nie net ‘n belangrike rol in ons program gespeel nie. Sy was ‘n geliefde deel van ons Extra-familie en het die personeel hier aangeraak. Ons diepste medelye aan al haar familie en vriende.” – CNN
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: ‘Bekeer jou as jy na Meatloaf se musiek geluister het,’ sê Rooies Strauss



