Klein Mienke word 5 in die hemel

Deel hierdie storie / Share this story

Vandag sou klein Mienke Mulder haar vyfde verjaardag vier. Die bruinkopdogtertjie het in Suid-Afrikaners se harte geklim na sy in Augustus 2017 by haar dagmoeder in Mbombela aan melk verstik het. Sy was toe net agt maande oud.

Mienke is sedertdien gestrem en is toe met serebrale verlamming gediagnoseer. Sy is in September 2020 oorlede.

Verna Mulder, Mienke se ma, het op ‘n Facebook-gebedsgroep wat sy destyds vir Mienke geskep het, ‘n plasing gedeel.

“My mooiste engelpoppie, vandag is dit jou vyfde verjaardag. Hoe wens ek jy was hier vandag, as ek jou maar net vir die dag kon terugkry. Ek mis jou onmenslik baie. Lekker verjaar, my pop. Jy moet lekker dans en sing en partytjie hou saam met die engele. So lief vir jou!”

Lees ook: Voormalige Mej. Amerika spring na haar dood