Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het 28 katte uit ‘n tweeslaapkamer-woonstel in Bloemfontein gered.
“Toe ons die erf betree het, was ons geskok om uit te vind dat 28 katte in die tweeslaapkamer-woonstel, met ‘n sterk reuk van ammoniak tussen ontlasting wat nie gereeld skoongemaak word nie, woon,” sê die Bloemfonteinse DBV.
Die DBV sê wat vir hom die grootste skok was, is dat hierdie katte in “pleegsorg” was vir ‘n dierewelsynsorganisasie.
“Die versorgers het glad nie om die katte skoongemaak nie. Die katte se sandbokse was vol ontlasting en ontlasting is ook op die vloer en in verskeie areas in die huis gekry.”
Die katte was ook heeltemal in die huis toegemaak, sonder enige vensters of deure wat oop is.
“Wanneer die versorgers nie tuis was nie, het hulle ook die deur gesluit. Die ondraaglike reuk van ammoniak is gevaarlik vir die katte én vir die eienaars.”
Na dié ontdekking het die Dierebeskermingsvereniging ‘n waarskuwing uitgereik dat die areas waarin die katte woon, skoongemaak moet word.
“Ons kon vasstel dat die dierewelsynsorganisasie niks fout gevind het met die omstandighede waarin die diere woon nie,” sê die DBV. “Ons het wel kennis geneem daarvan dat al die katte gesteriliseer is, maar geen dier behoort in sulke vuil en parasitiese omstandighede te woon nie.”
Verder sê die DBV hy het na die organisasie uitgereik om die katte te red en aangebied om die katte in te neem. “In so ‘n geval moet hulle die katte aan die DBV afteken, maar hulle het geweier, omdat hulle teen organisasies is wat diere uitsit.” Die DBV het verduidelik dat hulle die katte ‘n regverdige en langer kans gee en dat die aannemingsondersteuning goed is, maar hulle het steeds geweier.
Ná die aanvanklike waarskuwing het die DBV die woonstel vir ‘n tweede keer ondersoek en gevind dat slegs sekere plekke van die huis skoongemaak is. Hulle het ‘n waarskuwing uitgereik vir die res van die woning en sê hulle sal die situasie monitor.
Lees ook: Raaisel agter Keegan se verdwyning na 2 j. steeds nie opgelos



