11 In hegtenis vir beweerde onwettige mynbou

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 11 vermeende onwettige myners is Donderdag by ’n myn in Northham-omgewing in hegtenis geneem.

Die Valke het inligting oor onwettige mynbedrywighede by ’n myn ontvang en ondersoek ingestel.

’n Gesamentlike span wat bestaan ​​het uit die Valke se ondersoekspan vir Ernstige Georganiseerde Misdaad en polisielede van die Openbare Orde het op die verdagtes toegeslaan en hulle op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om chroom by die myn te myn.

Vermeende onwettige myners in hegtenis

Daar is beslag gelê op mynvoertuie, trokke en sleepwaens ter waarde van meer as R3 miljoen.

Terwyl die polisie besig was om die voertuie in Thabazimbi-omgewing aan te hou, het ’n sekere man wat homself as die eienaar van die TLB’s geïdentifiseer het, hulle na bewering genader en R15 000 omkoopgeld aan die polisie aangebied sodat sy voertuie waarop beslag gelê is bevry kan word en hy is ook in hegtenis geneem.

Al die verdagtes sal vandag in die Northam-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.