President Ramaphosa het gesê die nasionale Covid-19-bevelsraad is besig om te besluit of Suid-Afrika steeds moet voortgaan met die nasionale ramptoestandwetgewing wat tans geld.
Die nasionale ramptoestandwetgewing is in 2020 deur dr. Nkosazana Dlamini-Zuma ingestel as gevolg van die Covid-19-pandemie.
Die president het gesê die wetgewing het die regering in staat gestel om deur die pandemie en die impak daarvan te navigeer.
Ramaphosa het gesê die besluit oor die voortsetting van die ramptoestand is ‘n “kollektiewe proses” en enige besluit daaroor moet op rasionaliteit gegrond wees.
Bronne: OFM, BusinessTech
Lees ook: Druk neem toe om ramptoestand te beëindig
Volg FiND iT hier.



